How do I create a bug report/af

From Free Pascal wiki
Revision as of 18:57, 2 September 2009 by Ggeldenhuys (talk | contribs)
Jump to navigationJump to search

Afrikaans (af) Deutsch (de) English (en) français (fr) português (pt) русский (ru)

Het jy 'n fout in Lazarus gevind en wil dit rapporteer? Wel, hierdie bladsy sal vir jou verduidelik hoe om dit te doen.

Kompilering foute in Lazarus bronkode

As jy foute kry terwyl jy Lazarus se nuutste hersiening bronkode van SVN gebruik, kontak die Poslys. 'n Beter idee is om dalk vir ons op die #lazarus-ide IRC kanaal op irc.freenode.net te kontak. Dit mag heel waarskynlik die voordeel hê dat jou probleem vinniger opgelos sal word.

Kyk of die fout nie al klaar gerapporteer is nie

Gebruik die soekkriteria in Mantis om die sien of die fout nie al klaar gerapporteer is nie. Wenk: Die soek-algoritme is nie baie slim nie. So as jy vir inligting soek oor TEdit.SelStart, dan tik alleenlik SelStart in.

As dieselfde fout klaar bestaan in Mantis:

  • Gebruik die "Reopen Issue" funksie as die fout toe of gesluit is.
  • Las jou besonderhede by die rapport as jy die fout in 'n ander manier kan dupliseer
  • Jy kan ook die rapport monitor deur die "Monitor Issue" funksie te gebruik.

Let op: Jy moet ingeteken wees om die Mantis funksies te gebruik.

Rapporteer 'n nuwe fout in die Lazarus Bug Tracker

  • Gaan na die Lazarus Bug Tracker.
  • Jy moet ingeteken wees om dit te gebruik.
  • Gaan na die Report Issue bladsy. Vul in so veel van die inligting as moontlik. Hoe meer spesifiek, hoe beter.
    • Die belangrike velde om in te vul is jou Bedien Stelsel en Produk weergawe. As die probleem nie deur die ontwikkelaars gedupliseer kan word nie, dan kan hulle nie begin om die fout reg te maak nie! Onthou ook om te noem of jy in eksotiese rekenaar argitektuur gebruik (bv. big endian of 64-bit).
    • Dit is baie keer hulpvaardig om 'n klein toets program optelaai wat die fout bevestig. Dit sal heel waarskynlik help om die fout vinniger optespoor en herstel.