How do I create a bug report/af

From Free Pascal wiki
Jump to navigationJump to search

Afrikaans (af) Deutsch (de) English (en) français (fr) português (pt) русский (ru)

Het jy 'n fout in Lazarus gevind en wil dit rapporteer? Wel, hierdie bladsy sal vir jou verduidelik hoe om dit te doen.

Kompilering foute in Lazarus bronkode

As jy foute kry terwyl jy Lazarus se nuutste hersiening bronkode van SVN gebruik, kontak die Poslys. 'n Beter idee is om dalk vir ons op die #lazarus-ide IRC kanaal op irc.freenode.net te kontak. Dit mag heel waarskynlik die voordeel hê dat jou probleem vinniger opgelos sal word.

Kyk of die fout nie al klaar gerapporteer is nie

Gebruik die soekkriteria in Mantis om die sien of die fout nie al klaar gerapporteer is nie. Wenk: Die soek-algoritme is nie baie slim nie. So as jy vir inligting soek oor TEdit.SelStart, dan tik alleenlik SelStart in.

As dieselfde fout klaar bestaan in Mantis:

  • Gebruik die "Reopen Issue" funksie as die fout gesluit is.
  • Las jou besonderhede by die rapport as jy die fout in 'n ander manier kan dupliseer
  • Jy kan ook die rapport monitor deur die "Monitor Issue" funksie te gebruik.

Let op: Jy moet ingeteken wees om die Mantis funksies te gebruik.